“Landbou strek veel verder as net boerdery…”
Soos die Engelsman sou sê: ” Dit neem nie ‘n “rocket scientist” om te besef wat die uitdagings van landbou opleiding vandag in Suid-Afrika is nie. Dit sluit aan by die ander term wat die probleme in die lanbou industrie se vraag na nuwe talent so mooi beskryf, en dit is dat ons tradisionele landbou opleidingsinstansies eintlik net besig is om “landbouers op te lei wat nie onmiddelik indiensneembaar is nie.”
Volgens Dr Antonie Geyer, Direkteur Akademie by die International Agriculural Academy for Africa (i3A) is die meeste van die huidige landbou kurrikulums redelik uitgedien en is die aanbieding metodes oudmodies en nie meer belyn met die tegniese vraag na opleiding soos benodig deur die landbou industrie nie. Dr. Antonie Geyer, Direkteur Akademie, i3A.
Die industrie neem al meer en meer die verantwoordelikheid om private landbou akademies te ondersteun om industrie gerigte kurrikulums en tegnies gerigte opleiding uitkomstes daar te stel. Die privatisering van landbou opleiding bly ‘n groot prioriteit. Voorbeelde hiervan is die Sheep en Wool Academy for Southern Africa (SWASA) wat ondersteun word deur BKB Ltd, asook die die MSD Animal Health Academy. Verdere onderhandelings tussen i3A en nog industrie vennote is voltyds aan die gang.
Die International Agricultural Academy for Africa (i3A) met die hoofkantoor in Bloemfontein, is ‘n voorbeeld van industrie gedrewe privaat opleiding en navorsing inisiatiewe om nuwe alternatiewe modelle, kurrikulums en meer indiensneembare studente daar te stel.
Volgens navorsing gedoen deur i3A is die verwagtinge van voormalige landbou studente en hulle ouers wat in onderrig moet belê, kortliks as volg:
– Die jong student wil gebruik maak van die nuuste tegnologie om te leer en stel nie werklik meer belang in slegs tradisionle klaskamer onderrig nie.
– Moderne tegnologie wat van verskeie onderrig en leer metodes gebruik maak, voorsien meer holisties in die voornemende student se behoeftes. Dit sluit in die gebruik van audiovisuele tegnologie, multi-dimensionele tegnologiese modelle, die gebruik van toepassings, sensors en ander tegnologie as deel van onderrig metodes.
– Jong studente soek steeds ‘n kampus lewe waar kultuur, waardes en taal ‘n groot rol speel.
– Ouers verwag meer bekostigbare kwalifikasies.
– Ouers verwag ook dat die kennis wat die studente opdoen, meer industrie gerig is, wat die gegradueerde soveel meer indiensneembaar maak.
– Kurrikulum inhou wat meer gefokus is op entrepreneurskap wat eie werkskepping tot gevolg kan hê, raak al meer belangrik.
– Ouers verwag van akademiese instellings om ook om te sien na die jong student se emosionele volwassenheidsontwikkeling, hulp met studie metodes en akademiese dissipline.
Die Mooikrans Agri- Opleiding model
Mooikrans Agri-Opleiding is ‘n privaat landbou akademie wat is geleë tussen die dorpe Amersfoort en Morgenzon in Mpumalanga, weggesteek en omring deur bulte eie aan die oostelike hoëveld. Die landbou kampus se historiese geboue en infrastruktuur word omring deur reuse-bloekombome en lowergroen grasperke met genoeg infrastruktuur and ruimte vir allerlei landbou aktiwiteite.
Alle studente is voltyds inwonend en gaan tuis in enkel- en dubbelkamers. Daagliks word drie gebalanseerde etes bedien, terwyl koffie en tee vier keer per dag bedien word.
As deel van die sosiale ondersteuning aan studente, bied die kurrikulum addisionle ondersteuning soos ‘n literaliteit toetsing en terugvoering, geestes gesondheidsprogramme, individuele emosionele ondersteuning en karakter ontwikkeling, binne christelike beginsels. Die model maak voorsienning om maksimum slegs 30 studente per jaar in te neem wat verseker dat intensiewe opleinding en persoonlike aandag aan elke student gegee word.
As deel van die volwaardige ontwikkeling van jong landbouers, verdien elke student ook addisionele sertifikate in noodhulp, oorlewing en perderykuns.
Praktiese aktiwiteite aangebied op Mooikrans Agri-Opleiding
Landbou industrie kurrikulums
Inaggenome die verwagtinge van studente en ouers, bied die model aan die student ‘n volledige holistiese en geakkrediteerde landbou kurrikulum wat ontwikkel is deur i3A en aangebied word op die Agri-pedia interaktiewe E-leer platvorm. Die platvorm maak gebruik van die verwagte tegnologie wat die oordrag van kennis aan studente opwindend en maklik verstaanbaar maak.
Gekwalifiseerde dosente uit die industrie bied tradisionele lesings en ook praktiese onderrig aan studente, terwyl die omliggende kommersieële boere in die distrik hulle suksvolle produksie en bestuursmetodes as kennis aan die studente oordra. Elke dag word opgedeel in 4 periodes waarvan die laaste periode ‘n sportperiode is.
Die 2-jaar Landbou Diploma in Plant- en Dierkunde word ondersteun deur verskeie industrie kort kursusse.
Die landbou industrie betrokke by Mooikrans sluit onder andere in OVK, MSD Dieregesondheid, Myburg Boerdery Ermelo, Westand Landgoed Morgenzon en BKB wat verskeie tegniese addisionele sertifikate uitreik op kort kursusse wat onder andere insluit die rasstandaarde en beoordeling van onderskeie bees- en skaaprasse, draadspan, onderhoud op geboue, vleisverwerking, diesel en petrol onderhoud, vervaardigingsvereistes van landbou implemente, wolklassering en dieregesondheid.
Dr Geyer is oortuig dat hierdie model ‘n belangrike instrument is vir die privatisering van landbou opleiding in Suid Afrika. “Dit voldoen aan al die industrie akademiese verwagtinge, al die tegnologie en moderne leermetodes, terwyl die model ook op ‘n tradisionele wyse voldoen aan die sosiale en kulturele verwagtinge van ouers en jong landbouers wat volwaardige agri-entreprenuers in die toekoms kan vestig.”
“ Indien ons by i3A saam met die landbou industrie 10 sulke spesialiteits kampusse kan vestig, verseker ons dat daar 300 nuwe indiensneembare gegradueerdes jaarliks hulle opwagting in die lanbou industrie kan maak.”
Vir meer besonderhede kontak Dr. Antonie Geyer by Geyerac@i3a.co.za